Paaie in Noordwes weer oop ná swaar reën
DANE BEISHEIM
14:11 Tue, 21 Feb 2017
Paaie in Noordwes weer oop ná swaar reën | News Article
Mogwase - Swaar reën wat paaie in Noordwes verspoel het, het bedaar, en die geaffekteerde roetes is weer oop vir verkeer.


Volgens woordvoerder vir die Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteite, Beauty Makganye, sluit dit die N4 tussen Groot Marico en Swartruggens, wat gister vir verkeer gesluit is, in. Makganye sê motoriste moet egter steeds waaksaam wees, aangesien daar steeds reën vir die res van die week voorspel word.


“Die munisipaliteite wil graag inwoners en motoriste aanraai om ‘n veilige volgafstand te handhaaf, en om nie paaie oor te steek as daar baie water opgedam is nie,” voeg Makgane by.

- OFM News



Cookies help us deliver our services. By using our site, you agree to our use of cookies. Tell me more