On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Planne uiteindelik in plek vir R140 miljoen se wit olifant

───   CATHY DLODLO 15:18 Tue, 21 Feb 2017

Planne uiteindelik in plek vir R140 miljoen se wit olifant  | News Article
Philip Sanders Vakansieoord (Panoramio.com)

Vrede - Vrystaat premier, Ace Magashule, het vanoggend tydens sy provinsiale rede en die opening van die Vrystaatse Wetgewer aangekondig dat die provinsie uiteindelik planne het om die Philip Sanders-vakansieoord produktief te gebruik.


Magashule sê dié oord, wat reeds meer as ses jaar gelede teen meer as R140 miljoen opgegradeer is maar tot dusver geen inkomste gegenereer het nie, sal nou as 'n hotelskool ingespan word.

Studente aan die hotelskool sal volgens Magashule nie 'n graad 12-kwalifikasie benodig nie. Hy sê die omskepping van die oord in 'n hotelskool sal voortaan ook tot werkskepping in die provinsie bydra.


- OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.