On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Potchefstromers koop nie in op naamsverandering nie

───   DANE BEISHEIM 14:12 Tue, 07 Mar 2017

Potchefstromers koop nie in op naamsverandering nie | News Article

Potchefstroom - Inwoners van Potchefstroom wat deur OFM-nuus genader is vir kommentaar oor die beplande naamsverandering van die Tlokwe-munisipaliteit, blyk grootliks gekant teen die idee te wees.


Dit volg ná die onlangse samesmelting van die Tlokwe- en Ventersdorp-munisipaliteit om die tydelike benoemde Tlokwe405-munisipaliteit te vorm. Die sperdatum vir voorstelle vir ’n nuwe naam was verlede week. Beeld berig sowat 840 voorstelle is ontvang – waaronder Venterpotch, Mooirivier, Tlokwe, en Mooinoka. “Noka” beteken “rivier” in Setswana.

Die inwoners met wie OFM-nuus gesels het, is dit eens dat daar ander belangriker kwessies is wat eers aandag moet geniet.

"Persoonlik glo ek nie Suid-Afrika is maatskaplik of ekonomies in 'n posisie waar ons tyd en energie moet vermors op kwessies soos naamsveranderinge nie, tensy dit werklik aanstootlik is - wat ek nie glo die geval is in die Potchefstroom/Tlokwe omgewing nie."

"Die naamsverandering is sekerlik 'n goeie ding, maar die daadwerklike nood is op diensleweringsvlak."

"Dit voel asof dit weer 'n vrugtelose taak is. Hoekom kan daar nie net aangegaan word as Ventersdorp/Tlokwe nie?"


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.