On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Heidedallers hou optog teen dwelmmisbruik

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:16 Tue, 21 Mar 2017

Heidedallers hou optog teen dwelmmisbruik | News Article
Mangaung-metro Burgemeester, Olly Mlamleli/Foto: Katleho Morapela

Bloemfontein - 'n Groot groep inwoners van Heidedal in Bloemfontein sal vanoggend saamtrek om hulle stemme dik te maak teen dwelmmisbruik in die buurt.


'n Organiseerder en 'n stigterslid van die Heidedal Local Drug Action-komitee, Gregory Werner, sê polsende kwessies moet aangespreek word.

Die voormalige Vrystaatse LUR van Polisie, Butana Komphela, het Heidedal as eens een van die grootste dwelmneste in die stad beskryf, dus sê Werner wil hulle die platform gebruik om die boodskap op ‘n positiewe en vreedsame manier uit te stuur. 

Burgemeester van die Mangaung-metro, Olly Mlamleli, het bevestig dat sy die gemeenskap se griefskrif in ontvangs gaan neem.  

OFM-nuus/Christal-Lize Muller, Mark Steenbok

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.