On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Seun (12) se lyk uit dam in NW gehaal

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:12 Wed, 22 Mar 2017

Seun (12) se lyk uit dam in NW gehaal | News Article
Gallo images

Delareyville - Die polisie in Noordwes het 'n dossier van strafbare manslag geopen nadat 'n 12-jarige seun Sondag in 'n dam by Geysdorp naby Delareyville vermis geraak het.


Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê Otshepeng Mogapi en vier ander seuns het van 'n opgeblaasde binneband afgeval wat deur 'n boot op die water getrek is. Die bestuurder van die boot kon die ander seuns, almal tussen die ouderdom van 12 en 13, uit die water haal. Mogapi het verdrink. Polisieduikers het sy lyk gisteroggend in die water gevind nadat 'n soektog sedert Maandag aan die gang was.  


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.