On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Hennenman-egpaar in April in hof vir afgetrede mynwerker se moord

───   MARK STEENBOK 15:07 Wed, 22 Mar 2017

Hennenman-egpaar in April in hof vir afgetrede mynwerker se moord | News Article

Hennenman - Die egpaar wat vroeër in hegtenis geneem is in verband met die moord op ‘n afgetrede mynwerker van Hennenman in die Vrystaat sal weer volgende maand in die hof verskyn.


Die saak is vandag in die plaaslike landdroshof na 12 April uitgestel. Wayne en Charlotte Roslee is op 22 Februarie in hegtenis geneem nadat die lyk van Edward Ernsting in sy kamer deur ‘n buurman ontdek is. 

Die polisie het gesê Ernsting se hande en voete was vasgebind terwyl daar ook bloed oral in die kamer was. Die Rosslee-egpaar het glo met Ernsting se motor op die vlug geslaan. 

Hulle is later die aand in hegtenis geneem by die begraafplaas buite Phomolong, waar hulle tussen die grafte geskuil het. 

Hulle het vroeër hul borgtogaansoek laat vaar en bly in aanhouding.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.