On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Drie vragmotors brand tydens Lichtenburg-protesaksie

───   DANE BEISHEIM 15:33 Fri, 21 Apr 2017

Drie vragmotors brand tydens Lichtenburg-protesaksie  | News Article

Lichtenburg - Drie vragmotors is vanoggend buite Lichtenburg in Noordwes aan die brand gesteek en minstens 8 karre met klippe beskadig deur sowat 300 betogende inwoners van die nabygeleë Blydeville informele nedersetting.


Dit is volgens polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone. Hy voeg by dat die inwoners die strate ingevaar het weens ongelukkigheid oor swak dienslewering in die area. 

Volgens Mokgwabone is daar geen besersings aangemeld nie, en vyf verdagtes tussen die ouderdom van 26 en 43 is reeds in hegtenis geneem. Motoriste word gemaan om die area te vermy en eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak. 

Motoriste vanaf Ventersdorp moet die N14 na Biesiesvlei neem; vandaar die R52 na Lichtenburg. Motoriste vanaf Johannesburg moet die Koster-pad neem. Polisielede is steeds op die toneel en monitor die situasie.

OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.