On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Minister besoek NWU-landbouprojek

───   DANE BEISHEIM 11:08 Mon, 24 Apr 2017

Minister besoek NWU-landbouprojek | News Article
SUNfarming en die Noordwes-Universiteit het saamgespan om drie moderne voedsel- en energie-aanlegte op te rig.

Potchefstroom - Die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, Senzeni Zokwana, sal Dinsdag die Noordwes-Universiteit (NWU) se SUNfarming-projek op die Potchefstroomkampus besoek.


Die NWU sal die minister verwelkom by die kampus se fakulteit ingenieurswese. 

SUNfarming, een van die 10 groot fotovoltaïese projekontwikkelingsmaatskappye in Duitsland, het saam met die fakulteit ingenieurswese aan die NWU 'n inisiatief geloods wat hul hoop die lewensgehalte van baie mense aansienlik sal verbeter, veral dié in landelike gebiede. 


Karel Jooste, Direkteur van SUNfarming Suid-Afrika, verduidelik dat die projek bestaan uit spesiale agro-son-kweekhuise. Hy sê die eerste drie hiervan is suksesvol getoets met uitstekende resultate op die NWU-kampus. 


“We started in 2016 with our first winter cycle. We grew cauliflower, broccoli and other vegetables. In the summer we harvested tomato, cucumber, peppers and certain herbs as well. The big thing is that we can grow any kind of crop as long as it is under the panels, as long as it is susceptible to the environment”, Jooste adds.









@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.