On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Bykans 50 weens Noordwes-onluste aangekeer

───   MARK STEENBOK 10:28 Thu, 27 Apr 2017

Bykans 50 weens Noordwes-onluste aangekeer | News Article
Foto verskaf

Die polisie in Noordwes het bevestig dat 48 mense tot dusver in hegtenis geneem is nadat winkels geplunder en geboue aan die brand gesteek is tydens gewelddadige protesaksie in Coligny en Lichtenburg hierdie week.


Drie huise, asook verskeie kantore en voertuie, is eergister in Coligny aan die brand gesteek. 

Die betogers, wat sedert Maandag betoog, is glo woedend oor die dood van ’n 12-jarige seun. 

Polisiewoordvoerder Vishnu Naidoo sê 6 verdagtes is vir openbare geweld, 2 vir brandstigting en 42 vir die besit van gesteelde goedere vasgetrek. 

Hy sê veertien verdagtes het reeds in die hof verskyn en sal op 3 Mei vir borgtog aansoek doen. 

Naidoo sê die res sal môre in die hof wees.

Intussen is twee mans in verband met die dood van die seun in hegtenis geneem en hulle sal môre in die hof verskyn.


OFM-nuus




Podcasts

Polisiewoordvoerder Vishnu Naidoo :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.