On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Polisie soek verdagte ná Tweespruit-aanval

───   MARK STEENBOK 08:56 Sun, 30 Apr 2017

Polisie soek verdagte ná Tweespruit-aanval | News Article

Tweespruit - 'n Verdagte is nog soek nadat ‘n 62-jarige boer verskeie kere met ‘n mes op sy plaas in die Tweespruit-omgewing in die Vrystaat gesteek is.


Polisiewoorvoerder Martin Xuma sê Dick Osbourne is gisteroggend omstreeks 06:30 deur ‘n 25-jarige man aangeval. 

Hy sê Osbourne het sy honde hoor blaf waarna hy ondersoek gaan instel het en die man in sy kantoor losstaande van die huis aangetref het. 

Xuma sê die man het toe vermoedelik ‘n mes uitgepluk en Osbourne twee keer in die rug en een keer in sy bors gesteek. Die aanvaller het later met Osbourne se Land Rover gevlug.

“Die verdagte het later met die Land Rover in ‘n boom vasgery waarna hy te voet gevlug het. Die polisie ondersoek ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook motordiefstal. Enigiemand met inligting kan die Tweespruit-polisiestasie by 051 963 9301 kontak. Osbourne is tans in 'n stabiele toestand in die hospitaal,” sê Xuma.



Podcasts

Polisiewoorvoerder Martin Xuma:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.