On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Parys-moordsaak: Verdediging onttrek hom aan saak, verhoor uitgestel

───   DANE BEISHEIM 11:10 Fri, 26 May 2017

Parys-moordsaak: Verdediging onttrek hom aan saak, verhoor uitgestel | News Article
The accused in court/OFM News

Parys - Die verdediging in die Parys-boere-moordsaak het hom vanoggend aan die saak onttrek en aansoek gedoen dat die verhoor tot November uitgestel word.


Adv. Hans de Bruin het sy redes aan Regter Corné van Zyl in sy kamers verskaf. Die Staat het sy redes aanvaar maar die aansoek om uitstel teengestaan. Kruisondervraging van die staatsgetuie, Fanie Oosthuizen is nog nie afgehandel nie, en die staat voer aan dat dit onregverdig is om hom so lank te laat wag om dit te doen.


Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, Miela Janse van Rensburg, Anton Loggenberg en sy seun Cor, sowel as Henk Prinsloo van die SAPD word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Dit, ná die mans glo 'n mislukte plaasaanval op Van der Westhuizen se pa, Loedie sr. probeer uitvoer het.


Regter Van Zyl het gelas dat Oosthuizen sy getuienis op 10 en 11 Augustus voltooi. Die verhoor is tot 6 November uitgestel.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.