On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Betogings breek weer uit in NW

───   MARK STEENBOK 11:49 Fri, 26 May 2017

Betogings breek weer uit in NW | News Article
Gallo images

Lichtenburg - Die polisie in Noordwes sê motoriste moet die R52 tussen Biesiesvlei en Lichtenburg vermy nadat ongeveer 2 000 gemeenskapslede die pad vanoggend met brandende bande en klippe versper het.


Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau sê ‘n munispale gebou en trekker is ook aan die brand gesteek. Sy sê die polisie is tans op die toneel om die situasie te monitor.


“Die polisie in Biesiesvlei monitor tans die situasie in die dorp, wat onder die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit val. Volgens inligting het oproerige gemeenskapslede begin betoog nadat hulle vir die burgermeester gewag het om hulle te kom toespreek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Makau.


Die burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit, Daniel Buthelezi is Dinsdag vir bykans agt ure lank deur ontevrede inwoners as gyselaar aangehou. Die groep het ook 'n gedeelte van die munisipale kantore in Lichtenburg aan die brand gesteek. Buthelezi is ná onderhandelinge met die polisie vrygelaat.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.