On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Sannieshof-plaasmoordverdagtes verskyn

───   MARK STEENBOK 05:44 Mon, 29 May 2017

Sannieshof-plaasmoordverdagtes verskyn  | News Article
File photo

Sannieshof - Ses verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op 'n boer op sy plaas buite Sannieshof in Noordwes sal na verwagting vandag om borgtog aansoek doen.


Polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, sê Frans Kudone (26), Tebogo Mojolotsane (28), Small Mokgele (29), Zacharia Nyalimathe (33), Musona Nyathi (35) en Josesheph Zakenya is sedert hul inhegtenisneming sowat twee weke gelede in aanhouding. Hulle staar aanklagte van moord, poging tot moord en huisroof in die gesig.


Dit nadat BC Greyling en sy vrou, Marlette, in hul huis aangeval en geskiet is. BC is in die bors geskiet en is op die toneel dood. Marlette is in die maag gewond, maar het die aanval oorleef. Magdaleen Greyling (86), BC se ma, was ook in die huis tydens die aanval. Sy het onder ‘n kombuistafel weggekruip. Sy is ongedeerd.


Die verdagtes het met die egpaar se selfone in hul bakkie op die vlug geslaan. Die voertuig is verlate in Ottosdal gevind.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.