On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Stadsaal-brand: Bfn se Nasionale Dramabiblioteek dalk ook in puin

───   11:18 Thu, 22 Jun 2017

Stadsaal-brand: Bfn se Nasionale Dramabiblioteek dalk ook in puin | News Article
OFM-nuus

Bloemfontein - Terwyl talle mense die brandskade van die historiese Bloemfontein-stadsaal betreur, is daar groot bekommernis oor die Nasionale Dramabiblioteek se dokumente en mikroskywe wat dalk ook gisteraand deur die brand verwoes is.


Mariaan Botes van die Nasionale Museum sê die stadsaal is deel van die sandsteengeboue in President Brandstraat wat as erfenis verklaar is. Sy sê die Dramabiblioteek se inhoud was in die stadsraad geberg terwyl verbeterings aan die stadsbiblioteek aangebring is.


Die museum se Hannes Haasbroek het navorsing oor die Stadsaal se ontstaan in 1936 gedoen. Hy het vanoggend gaan kyk en sê alles binne die saal is in puin. Hy sê dit is nog onbekend wat alles van die dramabiblioteek vernietig is.


Volgens hulle sal dit miljoene rande kos om die gebou te herstel.


Sandra Mulder/OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.