On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Sewe NW-munisipaliteite in finansiële verknorsing

───   CATHY DLODLO 07:23 Mon, 26 Jun 2017

Sewe NW-munisipaliteite in finansiële verknorsing | News Article
Noordwes Premier Supra Mahumapelo/Gallo

Mahikeng - Sewe munisipaliteite in die Noordwes-provinsie bevind hulself in ‘n ernstige finansiële verknorsing, en drastiese ingryping deur die provinsiale regering is nodig.


Dit is volgens Premier Supra Mahumapelo. 

Hy het gereageer op die ouditmenings van munispaliteite in die provinsie, wat bevind het dat geeneen van die 23 munisipaliteite vanjaar, vir die tweede agtereenvolgende jaar, ‘n skoon oudit ontvang het nie. 

Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, het verlede week die gekonsolideerde verslag van munisipaliteite vir die 2015/16 boekjaar in die parlement ter tafel gelê. 

Mahumapelo sê die provinsiale regering het reeds met 'n reddingsplan vir brandarm munisipaliteite begin. Hy sê die aantal kritieke munisipaliteite het reeds van 15 tot 7 gedaal.

"Die Ouditeur-generaal se verslag is 'n ware weerspieëling van die situasie, en indien ons nie ingryp nie, sou die situasie veel erger gewees het," voeg Mahumapelo by.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.