On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vrystaatse departement gaan oor Mangaung-staking vergader

───   CATHY DLODLO 07:28 Mon, 26 Jun 2017

Vrystaatse departement gaan oor Mangaung-staking vergader  | News Article
Mangaung Uitvoerende burgemeester, Olly Mlamleli/Foto: Katleho Morapela

Bloemfontein - Die Vrystaatse Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake sal na verwagting vandeesweek met ‘n afvaardiging van die Mangaung-metro vergader om die voortslepende protesaksie te bespreek.


Munisipale werkers het nou al vir meer as ‘n maand nie vir diens aangemeld nie, en hulle staking het intussen gewelddadig geword. 

Die moontlikheid dat dié staking verantwoordelik was vir ‘n brand wat die stadsaal verwoes het, word ondersoek.

Altesaam 14 werkers is tot op hede in hegtenis geneem vir onder meer openbare geweld. 

Die Hoof van die provinsiale departement, Mokete Duma, sê sy departement se oorsigrol sluit nie Metro-munisipaliteite in nie, maar die departement sal, in ‘n poging om die situasie te beredder, gaan probeer om ‘n vergadering met al die rolspelers te belê. 

Die staking sou glo verlede week tot 'n einde kom nadat ‘n ooreenkoms tussen die munisipale werkersunie, Samwu, en die munisipaliteit bereik is. 

Die staking is egter hervat nadat die Uitvoerende Burgemeester, Olly Mlamleli, glo nie die ooreenkoms wou teken en bekragtig nie. 

Werkers is onder meer ontevrede omdat hulle salarisverhoging wat sedert die munisipaliteit metro-status ontvang het, nog nie aangepas is nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.