On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Noordwes-plaasaanvallers steeds op vrye voet

───   MARK STEENBOK 11:20 Tue, 27 Jun 2017

Noordwes-plaasaanvallers steeds op vrye voet | News Article

Rustenburg - Die drie verdagtes wat die afgelope naweek te voet gevlug het nadat ‘n 51-jarige man in die Rustenburg-omgewing in die arm geskiet is, is steeds op vrye voet.


Polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê die ondersoek in die saak duur steeds voort.

Die drie mans het glo Sondag die man en sy kind oorval nadat hulle by hul Waterkloof-woning gestop het. 

Makua sê ‘n vuurwapen is in hul rigting gerig, waarna hulle in die huis in gedwing is. 

Sy sê ‘n geveg het toe tussen die man en een van die verdagtes uitgebreek. 

Hy is in die proses in die arm geskiet. 

Die booswigte het volgens Makau met ‘n selfoon, ‘n paar tekkies, en ‘n sak ontsnap. 

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.