On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Situasie in Welkom kalm ná moorde

───   MARK STEENBOK 10:07 Sat, 15 Jul 2017

Situasie in Welkom kalm ná moorde | News Article

Welkom - Die Vrystaatse polisie sê ondersoeke na die moorde op vyf mense by myne in die Welkom-gebied hierdie week, duur voort.


Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie nadat die polisie onderskeidelik Dinsdag en Woensdag op vyf lyke in raaiselagtige omstandighede afgekom het. 

Volgens Mbambo het die lyke onder meer skietwonde en erge brandwonde opgedoen. 

Die polisie kon ook nog nie bevestig of die voorvalle met onwettige mynbedrywighede verbind kan word nie. 

Mbambo sê die polisie het hul sigbaarheid in die gebied verhoog en dat die situasie sedert Woensdag kalm is. 

Die Vrystaatse adjunk-polisiekommissaris, Jones Qhobosheane, lei ‘n taakspan wat die moorde ondersoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.