Local News
NK-premier rol moue op vir bejaardes─── CATHY DLODLO 11:48 Tue, 18 Jul 2017
Bloemfontein - Die Noord-Kaapse Premier, Sylvia Lucas, en beamptes van haar departement rol vandag, op Mandeladag, behoorlik hulle moue op vir bejaardes in Upington.
Lucas het met verskeie maatskappye saamgespan om bejaardes goed te bederf met komberse en ‘n opskop. Lucas sê een oupa op dié dorp, Wilson Nkonzo, het onlangs sy 92ste verjaardag gevier en haar departement het besluit om hom te verras.
”Dit is ‘n wonderlike eer en voorreg om geassosieer te word met Ntata Madiba in wie se naam die wêreld goed doen. Ons is vandag hier in Upington waar ons Nkonzo se huis, wat twee jaar gelede in ‘n brand beskadig is, herstel. Ons gaan ook ander bejaardes uitnooi vir ‘n behoorlike verjaardagpartytjie en elkeen met ‘n warm kombers bederf,” verduidelik Lucas.
OFM-nuus