On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Niemand vas nadat Bfn-man lewend verbrand word nie

───   MARK STEENBOK 15:14 Wed, 19 Jul 2017

Niemand vas nadat Bfn-man lewend verbrand word nie | News Article

Bloemfontein - Nog niemand is in hegtenis geneem nadat ‘n Bloemfonteinse man in sy twintigs glo hierdie week deur ontstoke gemeenskapslede doodgebrand is nie.


Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê twee mans het glo Maandagoggend iemand by Kagisonong in Rocklands beroof. Sy sê gemeenskapslede wat die voorval gesien het, het later die twee in een van die verdagtes se agterplaas vasgetrek. Mbambo sê een van die mans is aangerand, in ‘n buiteband gedruk en aan die brand gesteek. Die ander man het te voet gevlug. Mbambo het weer eens ‘n beroep op inwoners gedoen om nie die gereg in eie hande te neem nie.

"Die polisie sal alles in sy vermoë doen om kwessies soos bende-aktiwiteite in daardie areas stop te sit. Die gemeenskap moet die polisie ‘n kans gee. Mense meng met die ondersoek in as hulle die gereg in hul eie hande neem,” sê Mbambo.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.