Local News
Elke dag is Mandela-dag vir sakeman van Sasolburg─── CHRISTAL-LIZE MULLER 10:57 Thu, 20 Jul 2017
Sasolburg - 'n Inwoner en sakeman van Sasolburg het Mandela-dag in Mandela-jare verander.
Die wêreld het Dinsdag dié dag gevier waarop mense aangemoedig word om 67 minute af te staan en in herinnering aan wyle Nelson Mandela ‘n verskil in hul gemeenskappe te maak.
Vir die 68-jarige Joggie de Beer, is elke dag egter Mandela-dag. De Beer, 'n vennoot by De Beer & Claassen Prokureurs op Sasolburg, het sowat vier jaar gelede besluit om met behulp van sy tuinwerker en enkele dagloners, die dorp se strate skoon te hou.
Sedertdien het De Beer drie heeltydse werknemers aangestel. Hulle is ook verantwoordelik om weekliks sekere strate te vee en rommel op te tel. De Beer se seun Christiaan, ook 'n vennoot by die firma, en ‘n kollega, Raymano Venter, het verlede jaar betrokke geraak. 'n Nie-winsgewende organisasie, die Vaal Roots-gemeenskapsinisiatief, is op die been gebring. Mense word aangemoedig om betrokke te raak en bydraes te lewer sodat dié inisiatief van krag-tot-krag kan gaan.
OFM-nuus