On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Vermeende skaapdiewe met skape in Peugeot betrap

───   11:29 Thu, 20 Jul 2017

Vermeende skaapdiewe met skape in Peugeot betrap | News Article

Vier vermeende skaapdiewe, insluitende 'n vrou, het hul Moses teëgekom toe hulle vandeesweek in Bloemfontein met vier beweerde gesteelde skape in die bagasieruim van 'n klein motortjie betrap is.


Polisiebeamptes het Woensdag in die vroeë oggendure die N8 naby die Bram Fischer-lughawe gepatrolleer. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die beamptes het 'n verdagte Peugeot gewaar wat in die rigting van Botshabelo en Thaba Nchu gery het. Hy sê die Peugeot het weggejaag toe polisiebeamptes dit probeer aftrek het. Die motor is agternagesit.


Polisiebeamptes het daarin geslaag om die Peugeot naby die Rudolf Greyling-afrit af te trek. Hy sê die lewendige skape is in die bagasieruim van die Peugeot gevind. Die bestuurder van die motor kon nie bewyse van eienaarskap aan die polisiebeamptes verskaf nie. Die mans, tussen die ouderdomme van 34 en 40, asook die 32-jarige vrou, verskyn na verwagting eerskomende Vrydag in die plaaslike landdroshof op 'n aanklag van veediefstal.

Marope sê die skape is vermoedelik vroeër die aand op 'n kleinhoewe in Bainsvlei by Bloemfontein gesteel.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.