On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Regter se beslissing ten gunste van joernaliste in #PeterFrederiksen-saak

───   CATHY DLODLO 10:48 Mon, 21 Aug 2017

Regter se beslissing ten gunste van joernaliste in #PeterFrederiksen-saak | News Article
Peter Frederiksen

'n Groep joernaliste het vanoggend 'n versoek aan regter JP Daffue gerig om die media in die hof toe te laat tydens die verhoor van die Deense burger, Peter Frederiksen.


Dit volg nadat drie getuies reeds in die veelbesroke saak in camera getuig het. 

Frederiksen word deur verskeie aanklagte in die gesig gestaar, insluitende die onwettige berging van menslike weefsel en sameswering tot moord. 

Adv. Amanda Bester het haar versoek dat die getuienis in camera geskied, verdedig en gesê die getuie sal getuig dat Frederiksen aan haar 'n aanbod gemaak het om die prosedure in ruil vir betaling te ondergaan. 

Regter Daffue het sy vroeëre beslissing verander en besluit om die media toe te laat. Dit is egter op voorwaarde dat die identiteit van die getuie beskerm sal word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.