On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Koue weerstoestande duur voort, sê #weathersa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:27 Mon, 21 Aug 2017

Koue weerstoestande duur voort, sê #weathersa | News Article

Die winter gaan nog bietjie vertoef met nog koue weerstoestande wat môre en Woensdag in die grootste deel van die sentrale binneland kan voorkom.


'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê kouer lug beweeg teen môre oor die sentrale binneland in wat koeler maksimum temperature veroorsaak. Die kwik kan ook tot onder vriespunt daal. Hy sê warmer weerstoestande kan teen Donderdagmiddag voorkom, waarna 'n tweede frontale stelsel Vrydag weer sy opwagting in die sentrale binneland sal maak. Dié tweede stelsel het minder koue lug as die stelsel wat die sentrale binneland na verwagting môre sal tref.

Die eerste frontale stelsel beweeg teen Maandag laatmiddag oor Wes-Kaap in en brei teen Dinsdag uit na die Oos-Kaap. Gedeeltelik bewolkte toestande en ‘n kans op reën is beperk tot kusgebiede en die onmiddelike aangrensende binneland. Die tweede frontale stelsel is verder suidwaarts en het ‘n invloed op die Wes- en Suidkus en brei Donderdag na die Oos-Kaapse kusgebied uit.

Hy sê maksimum dagtemperature kan Dinsdag en Woensdag tussen 16 grade Celsius en 18 grade Celsius wissel en selfs laer daal in die suidelike deel van die Vrystaat, dele in Noord-Kaap en die verre suidelike deel van Noordwes. Teen Donderdag kan dagtemperature ietwat styg en oor die grootste deel van die sentrale binneland voorkom. Maksimum dagtemperature by die 18 grade Celsius kan Vrydag in die grooste deel van die sentrale binneland voorkom, waarna dit Vrydag ietwat kan daal en teen die naweek kan temperature bo 20 grade Celsius styg.

Hy sê minimum temperature van onder vriespunt kan môre en die res van die week voorkom. Temperature van tot -5 grade Celsius kan op plekke voorkom. Ryp kan ook moontlik plek-plek voorkom.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.