On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Sothosprekende laerskoolkind blink uit in Afrikaanse redenaarskompetisie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 16:37 Mon, 21 Aug 2017

Sothosprekende laerskoolkind blink uit in Afrikaanse redenaarskompetisie | News Article
Petrus Steyn Photo: tripmondo.com

'n Talentvolle Sothosprekende meisie van die Laerskool J.A. Malherbe in Petrus Steyn in die Vrystaat het nie op haar laat wag nie toe sy onlangs met die louere op die Nasionale ATKV-redenaarskompetisie weggestap het.


Die 12-jarige Patience Mokoena het die afdeling Afrikaans addisionele taal vir gr.6- en gr.7-leerlinge gewen. Die tema van haar toespraak was: "Spieëltjie, my geluk lê in 'n ander land."

Haar toespraak is deur Lorette du Plooy, 'n oudleerling van dié skool, geskryf. Mokoena se afrigter en Afrikaanse onderwyser, Irma Brink, sê dié gr.7-leerling het 'n natuurlike talent wanneer dit by die aanbieding van 'n toespraak kom. Sy sê Mokoena het in haar wentoespraak onder meer oor die swak stand van sake in Suid-Afrika se politiek, ekonomie en natuurlik ook rugby gepraat.

Du Plooy sê sy is trots op Mokoena se prestasie omdat sy nog nooit voorheen aan redenaarskompetisies deelgeneem het nie. “Sy het ‘n natuurlike talent en sy het ‘n goeie toespraak gehad.” Die wenresep was haar goeie geskrewe toespraak wat sy op die nasionale kompetisie op 10 Augustus buite Worcester in die Wes-Kaap baie goed voorgedra het. Sy is ook intelligent en hardwerkend. Daarmee saam moet dit ook in ag geneem word dat Mokoena se huistaal nie Afrikaans is nie. Sy is sedert gr.2 ‘n leerling aan dié laerskool, wat ‘n Afrikaansmedium-skool is, waar leerlinge Afrikaans as huistaal neem.

Skakel Dinsdag net ná 07:00 in wanneer Mokoena op die Big Breakfast Show met Martin van der Merwe oor haar prestasie gesels.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.