On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Kuruman-onderwyser in hof ná aantygings van seksuele verhouding met leerder

───   MARK STEENBOK 14:54 Fri, 08 Sep 2017

Kuruman-onderwyser in hof ná aantygings van seksuele verhouding met leerder | News Article

Een van die twee onderwysers van ‘n Hoërskool in Kuruman wat in verband met klagte van seksuele aanranding in hegtenis geneem is, sal vandag in die Mothibistad-landdroshof om borgtog aansoek doen.


Nog ‘n onderwyser van die skool wat in hegtenis geneem is, is gister op borgtog van R500 vrygelaat en sal weer volgende maand in die hof verskyn. Polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, sê die onderwyser moet drie keer per week by die Bothithong-polisiestasie aanmeld.

Ramatseba sê die twee onderwysers is verlede Vrydag in hegtenis geneem ná aantygings dat die onderwysers hulself aan leerders by die betrokke skool opgedwing het, die rondte gedoen het. ‘n Derde onderwyser is ook ná hierdie bewerings geskors.

Die onderwysers se name kan nie bekend gemaak word voordat hulle nie gepleit het nie.

Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement se Geoffrey van der Merwe sê die departement se ondersoek gaan nog voort. Hy sê die drie opvoeders is voorlopig geskors hangende die ondersoek teen hulle.

Hy sê die bewerings dat die betrokke opvoeders tot dertig leerlinge by die skool swanger gemaak het, is ongegrond omdat daar nie genoeg bewyse was om dit te staaf nie. Van der Merwe sê tans is ses meisies by die skool swanger.

Die LUR vir Onderwys in die provinsie, Martha Barlett, het Maandag die skool besoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.