On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Familie vrees vir hul lewens ná twee skietvoorvalle in Batho

───   MARK STEENBOK 15:57 Mon, 18 Sep 2017

Familie vrees vir hul lewens ná twee skietvoorvalle in Batho | News Article

Familielede is steeds in skok nadat twee mense die afgelope naweek in twee onderskeie skietvoorvalle in Batho naby Heidedal in Bloemfontein doodgeskiet is.


‘n Familielid van Libuseng Sepali, een van die twee oorledenes, sê drie mans het Saterdag omtreeks 19:00 by ‘n sinkhuis naby Lovedalestraat in Batho ingestorm en op die mense binne begin skiet. Sy sê haar niggie is op die toneel oorlede, terwyl nog ‘n man gister in die Pelonomi-hospitaal aan sy beserings beswyk het.

Intussen het nog ‘n niggie van Sepali, wat anononiem wou bly, aan OFM-nuus gesê dat hulle nou vrees vir hul lewens omdat hulle nie weet of die vermeende aanvallers gaan terugkeer nie.

“Ons is baie hartseer oor die dood van een van ons familielede. Sy was ‘n baie liefdevolle mens. Die Sepali-familie is gebroke en ons kan nie oor haar dood kom nie. Ons vrees vir ons lewens en ons vertrou dat die verdagtes gou vasgetrek sal word.”

Netcare 911 se Nick Dollman sê drie persone het in nóg ‘n skietvoorval ‘n paar honderd meter van die toneel ernstige beserings opgedoen. Een is intussen uit die hospitaal ontslaan. Dollman sê die voorvalle kan moontlik met mekaar verbind wees.

Die motief vir die twee voorvalle is nog onbekend.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.