On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

NVG lê beslag op lughawe-miljoene

───   MARK STEENBOK 16:14 Thu, 21 Sep 2017

NVG lê beslag op lughawe-miljoene  | News Article

Die Batebeslagleggingseenheid van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandag ‘n hofbevel in die Vrystaatste Hooggeregshof bekom om beslag te lê op die meer as R21 miljoen wat vroeër vanjaar in die besit van twee mans in Bloemfontein gevind is.


Mohamed Baig en Mohamed Ismail is op 14 Februarie by die Bram Fischer-lughawe in hegtenis geneem nadat die geld in vier groot sakke gevind is. Hulle was ten tyde van hul inhegtenisname van Durban na Kaapstad onderweg toe die polisie en sekuriteitswagte hulle vasgekeer het. Hulle kon nie redes verskaf hoekom hulle soveel geld in hulle besit gehad het nie. Die woordvoerder vir die NVA, Phaladi Shuping, sê die hofbevel is kragtens die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad toegestaan.

“Die verdagtas het sedert Maart tyd gehad om te verduidelik hoekom hulle in besit van so ‘n groot bedrag geld was. Die hofsaak moes herhaaldelik uitgestel word sodat hulle verklarings kon aflê. Hulle kon dit egter nie doen nie.

“Advokaat Thato Ntimutse het vandag geargumenteer dat die geld aan die staat oorbetaal word omdat hulle nie betyds die verklarings kon inhandig nie,” sê Shuping.

Shuping sê altwee verdagtes is uit op borgtog van R50 00 en die saak is tot 10 Oktober uitgestel sodat ‘n verhoordatum vasgestel kan word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.