On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Sewe vas ná aantal sakerooftogte in NW

───   MARK STEENBOK 11:42 Sat, 23 Sep 2017

Sewe vas ná aantal sakerooftogte in NW | News Article

Die polisie in Noordwes sê die aantal voorvalle van sakeroof in sekere gebiede in die provinsie het oor die afgelope ruk toegeneem.


Volgens woordvoerder Adele Myburgh is vier mans, wat glo met verskeie van hierdie rooftogte verbind word, gisteraand by Schweizer-Reneke in hegtenis geneem. 

Sy sê die mans het gisteraand omstreeks 18:30 in ‘n plaaslike supermark ingestorm en ‘n vuurwapen op die eienaar gerig. Hulle het met ‘n onbekende bedrag geld en ‘n selfoon gevlug. 

Myburgh sê die eienaar van die winkel het later die polisie in kennis gestel en ‘n 41-jarige verdagte is vasgetrek.

“Volgens ons inligting was die mans op pad na nog ‘n winkel voordat die polisie hulle vasgetrek het. Die polisie het onder meer die gesteelde selfoon, ‘n vuurwapen en motor wat tydens die rooftog gebruik was, gekonfiskeer. Die polisie ondersoek ‘n klag van besigheidsroof en nog arrestasies kan volg,” sê Myburgh.

Myburgh sê nog ses vermeende besigheidsrowers is gister in Klerksdorp vasgetrek.

Statistieke wat deur die polisie uitgereik is, toon dat daar 1 384 gevalle van rooftogte by nie-residensiële persele in die 2015/16 finansiële jaar in Noordwes was. ‘n Studie toon ook dat 77.5% van die slagoffers van hierdie misdade in die provinsie buitelanders is. 

OFM-nuus


Podcasts

Woordvoerder Adele Myburgh:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.