On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

NK: Ses vas weens bedrog

───   MARK STEENBOK 12:41 Sat, 23 Sep 2017

NK: Ses vas weens bedrog  | News Article

Kimberley - Die polisie in die Noord-Kaap het gister ses verdagtes wat hulself glo as polisiebeamptes, wetstoepassingsbeamptes, en regeringsamptenare voorgedoen het, en glo honderde duisende rande van mense gesteel het, in hegtenis geneem.


Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana sê een van die verdagtes, ‘n pastoor van Modderrivier, het hom as ‘n verkeersbeampte voorgedoen en omkoopgeld van mense ontvang. 

Hy sê nog ‘n verdagte het hom as ‘n Transnet-amptenaar voorgedoen en geld van mense ontvang onder die voorwendsel dat hulle tenders van hom sal ontvang. 

Die verdagtes het glo regoor die land mense deur middel van bedrog afgepers. 

Tawana sê nog twee nog mans, wat hulle as verkeersbeamptes voorgedoen het, is by Jan Kempdorp aangekeer.

“Die twee mans is verlede week in Jan Kempsdorp gearresteer. Die verdagtes het hulle as verkeersbeamptes voorgedoen en glo geld wat vir uitstaande boetes bedoel was, van motoriste gevat.”

Drie van die vier verdagtes wat gister in hegtenis geneem is, sal na verwagting tot 29 September in aanhouding bly. Tawana sê hulle sal dan vir borgtog aansoek doen. Die ander verdagte,‘n vrou is op borgtog vrygelaat.

Tawana sê die verdagtes het glo as deel van ‘n sindikaat van dorp na dorp gegaan. Hy sê nog verdagtes kan in hierdie verband in hegtenis geneem word.

Persone met inligting word versoek om Kaptein Essie Esterhuysen by 082-469-1813 kontak.

OFM-nuus


Podcasts

Polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.