On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Twee dood nadat motor teen boom bots

───   MARK STEENBOK 09:37 Mon, 25 Sep 2017

Twee dood nadat motor teen boom bots | News Article
ER24

Rustenburg - Twee mans is dood en vier ander mense is beseer nadat ‘n motor gister op die N4 naby Rustenburg teen ‘n boom gebots het.


ER24 woordvoerder, Russel Meiring, sê die ongeluk het gistermiddag tussen Moedville en Swartruggens plaasgevind. 

Hy sê toe paramedici by die toneel aankom, is ‘n driejarige kind en vrou buite die motor gevind.

Hy sê nog drie mans en ‘n vrou het binne die voertuig gelê. 

Meiring sê die twee mans wat voor gesit het, is op die toneel dood verklaar.


“Die vier ander insittendes was in ‘n kritieke toestand gewees. Die twee wat agter gesit het, was in die motor vasgekeer en paramedici moes spesiale toerusting gebruik om hulle uit te kry. Die operasie het meer as ‘n uur geneem. Hulle is op die toneel behandel en later met ‘n ambulans na ‘n plaaslike hospitaal gebring. Nog ‘n man, wat in ‘n kritieke toestand was, is met ‘n helikopter na die hospitaal vervoer,” sê Meiring.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

Meer as 40 mense is sover bekend sedert die begin van die langnaweek op die land se paaie dood.


OFM-nuus


Podcasts

ER24 woordvoerder, Russel Meiring:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.