On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vermeende inbreker op Potchefstroomse kleinhoewe gewond

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:23 Thu, 19 Oct 2017

Vermeende inbreker op Potchefstroomse kleinhoewe gewond | News Article

‘n Vermeende inbreker, wat na bewering gewond is deur die eienaar van ‘n kleinhoewe buite Potchefstroom toe hy met gesteelde goedere op die vlug wou slaan, is onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal.


Twee van die gewonde man se makkers het weggehardloop nadat die eienaar van ‘n kleinhoewe vanoggend omstreeks 01:00 na bewering waarskuwingskote afgevuur het toe hy die onbekende mans op sy kleinhoewe gewaar het. Polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, sê die eienaar het wakker geword toe hy glas hoor breek het. Hy het ondersoek gaan instel en het die mans uit ‘n nabygeleë huis, wat hy aan ‘n vrou verhuur, sien loop. Sy sê hulle het glo goedere in hul hande gehad. Een van die vermeende rowers is gewond toe die eienaar waarskuwingskote afgevuur het. Die polisie en nooddienste is daarna ontbied. ER24 se woordvoerder, Annine Siddal, sê die gewonde man is op die toneel behandel, nadat hy in die arm en in die sy geskiet is. Hy is daarna na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.

Volgens Myburgh het die polisie op ‘n televisiestel beslag gelê, wat vermoedelik uit die huis gebuit is. ‘n Klag van huisbraak word ondersoek met die moontlikheid dat nog klagte bygevoeg kan word.

Myburg sê die vrou wat die huis by die kleinhoewe-eienaar huur, het gisteraand voor dié skietvoorval ook glas hoor breek. Sy het die eienaar gebel wat toe na haar huis gegaan het. Al wat hy kon sien, was ‘n gebreekte vensterruit. Die vrou wou nie verder alleen in haar huis wees nie en het toe by die eienaar van die kleinhoewe en sy gesin gaan oornag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.