Local News
Huldeblyke vir jong plaasvoorman ná skietdood in Jagersfontein-distrik─── CHRISTAL-LIZE MULLER 09:13 Mon, 23 Oct 2017

Huldeblyke stroom in op Facebook vir 'n 22-jarige plaasvoorman wat gister dood is ná 'n skietvoorval op 'n private wildplaas in die Jagersfontein-distrik.
Volgens inligting is Kyle Stols dood in wat vermoedelik 'n mislukte inbraak was. Hy is glo by een van die gastehuise op die plaas Hantari Game Breeders dood verklaar. Volgens polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Mosili Ntsiaka, is Stols in die bors gewond.
'n Vuurwapen is op sy lyk gevind. Na wat verneem word, het 'n alarm gistermiddag by een van die huise op dié plaas afgegaan.
Stols het glo ondersoek gaan instel. Dit is nog onbekend of hy in 'n struweling met onbekendes was wat hy daar betrap het. OFM-nuus verneem egter dat verskeie skote afgevuur is. Ntsika sê min inligting is in die stadium bekend, maar 'n klag van moord word ondersoek.
Dit ook te vroeg om te sê wat vermis word. In mense se inskrywings op Stols se Facebook-blad word hy as 'n goeie mens beskryf wat altyd vriendelik was en geglimlag het. Polisiedeskundiges besoek die toneel weer vandag vir verdere ondersoek.
OFM-nuus