On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Neuroloog getuig vandag in Parys-moordverhoor oor breinbeserings

───   DANE BEISHEIM 08:50 Tue, 07 Nov 2017

Neuroloog getuig vandag in Parys-moordverhoor oor breinbeserings | News Article
Foto: Dane Beisheim

Die moordverhoor teen ses mans van Parys wat daarvan beskuldig word dat hulle twee beweerde plaasaanvallers vermoor het, sal vanoggend om 9:30 tydens ’n Hooggeregshofsitting in dié dorp hervat.


Staatsgetuie dr. Werner van Tonder sal na verwagting vandag lig werp op breinskanderings en ander verslae wat betrekking het op een van die oorledenes wat op 7 Januarie 2016 - 'n dag ná die beweerde aanranding - na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein vervoer is. 

Van Tonder was werksaam as die neuroloog by die hospitaal se Trauma-eenheid ten tye van die voorval. 

Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, Miela Janse van Vuuren, Anton Loggenberg en sy seun Cor, sowel as Henk Prinsloo van die SAPD, word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba in Januarie 2016. Dit, nadat die mans glo 'n mislukte plaasaanval op Van der Westhuizen se pa, Loedie sr., probeer uitvoer het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.