On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Working on Fire vra mense moet teen brande waak

───   MARK STEENBOK 13:42 Wed, 08 Nov 2017

Working on Fire vra mense moet teen brande waak | News Article

Die organisasie Working on Fire (WoF) het opnuut ‘n waarskuwing aan mense gerig om waaksaam te wees nadat verskeie veldbrande hierdie week in die Vrystaat uitgebreek het.


Die woordvoerder, Wayne Mokhethi, sê sedert Maandag is meer as 300 brandbestryders na vyftien brande in die provinsie ontplooi. Hy sê meeste van die brande is deur warm, droë toestande veroorsaak.


“In die afgelope 72 uur is honderde van ons Working on Fire brandbestryders na veldbrande in die provinsie ontplooi. Ons spanne, die munispaliteite, boere en gemeenskapslede het hard gewerk om die brande te blus. Uit die vyftien brande woed daar nog drie brande by onder meer Clocolan, die R702 by Dewetsdorp en Bethlehem.


“Ons wil graag gemeenskappe waarsku om nie met onnodige brande te begin nie. Ons spanne is op ‘n gereedheidsvlak en ons wil graag vra dat ons gemeenskappe waaksaam bly en seker maak veiligheidsmaatreëls is in plek om enige skade aan lande en eiendomme te verhoed,” sê Mokhethi.


Hy sê veldbrande het Maandag en Dinsdag in onder meer Toeka in Clarens, die Golden Gate Nasionale Park, Bloemfontein, Aasvoëlkrans in Bethlehem, Ficksburg en Senekal gewoed.


Die skade van die veldbrande is nog nie bepaal nie.


Toestande wat bevorderlik is vir die ontstaan van wegholbrande word vandag op plekke in die Klein Karoo en sentrale Karoo in die Wes-Kaap verwag, asook in die noordelike dele van die Noordwes-provinsie.


OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.