On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Weerdiens voorspel goeie reën vir groot deel van sentrale binneland

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:12 Thu, 09 Nov 2017

Weerdiens voorspel goeie reën vir groot deel van sentrale binneland | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku Oos-Vrystaters dat stormweer vanmiddag tot hael en sterk wind kan lei.


Stormweer kan ook op plekke in die noordelike deel van die Vrystaat voorkom. Quinton Jacobs van die Bloemfonteinse weerkantoor sê daar is 'n 60%-kans op donderbuie in die oostelike deel van dié provinsie. Dieselfde weerstoestande word weer môre vir die Oos-Vrystaat voorspel.

Daar is ‘n moontlikheid dat dit op plekke kan hael en Jacobs wil mense vroegtydig waarsku om hul motors onder afdakke of in motorhuise te parkeer.

Volgens hom is daar 'n goeie kans op reën- en donderbuie van eerskomende Maandag tot Woensdag vir die oostelike deel van die Noord-Kaap en die grootste deel van die Vrystaat en Noordwes. Hy sê daar is 'n 60%-kans op reën- en donderbuie volgende week in dié gebiede.

“Die vooruitsigte op reën is goed. Dit is nou as die weermodelle nie misleidend is nie, maar daar is ‘n afsnylaag wat vog intrek, wat vroeg volgende week die kans op goeie reën kan verhoog,” sê hy.

Vandag se maksimum dagtemperature vir dele in Sentraal-Suid-Afrika is:

Klerksdorp: 31 grade Celsius

Potchefstroom: 31 grade Celsius

Vereeniging: 28 grade Celsius

Bloemfontein: 31 grade Celsius

Welkom: 31 grade Celsius

Kimberley: 33 grade Ceslius


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.