On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

Bfn-polisie waarsku oor veiligheid by Suidpark-stortingsterrein

───   MARK STEENBOK 15:05 Tue, 14 Nov 2017

Bfn-polisie waarsku oor veiligheid by Suidpark-stortingsterrein | News Article
Isaac Ntsomotho, Tsietshi Mokhothi en Ikobeng Hlubi FOTO: Mark Steenbok

Die polisie in Bloemfontein het ‘n streng waarskuwing aan inwoners gerig om op hul hoede te wees wanneer hulle vullis by die Suidpark-stortingsterrein in die suide van die dorp gaan aflaai.


Polisiewoordvoerder, Isaac Ntsomotho, het aan OFM-nuus gesê dat daar al verskeie voorvalle van moorde, aanvalle, rooftogte, dwelm- en alkoholmisbruik, asook diefstal uit motors by die terrein was.

Hy sê die probleem word vererger deur bendebedrywighede en verdagtes wat sonder toestemming toegang tot die gebied verkry. Ntsomotho sê dat van die bendes gereeld in hegtenis geneem word, maar dat hulle net later terugkeer en weer mense beroof. Hy sê verlede week is ‘n vrou by die terrein in die besit van Mandrax-tablette betrap, terwyl daar tot alkohol verkoop word.

Ntsomotho sê hulle het intussen met sporadiese patrollies begin om die situasie te monitor.

DA-raadslid, Rossouw Botes, het vroeër aan OFM-nuus gesê dat daar tydens die staking deur munisipale werkers agt "belastingbetalers" was wat by die stortingsterrein aangerand en beroof is.

Intussen deel polisiewoordvoerder, Ikobeng Hlubi, ‘n paar veiligheidswenke met inwoners.

“Mense wat hulle vullis hier kom los, moet ten alle koste verseker belangrike items soos selfone, skootrekenaars en gewere is veilig en toegesluit in die voertuig. Ons raai ook aan dat mense nie alleen na die gebied kom nie. Nadat mense die vullis afgelaai het, moet hulle asseblief seker maak alles is in orde voordat hulle ry,” sê Hlubi.

Hlubi sê van die bendelede kan maklik deur die tattoeëermerke op hul arms geïdentifiseer word.

Sy het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om diefstalsake so gou as moontlik by polisiestasies aan te meld.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.