On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Parys-ses: Oosthuizen verduidelik verklaring aan Valke

───   DANE BEISHEIM 17:41 Wed, 15 Nov 2017

Parys-ses: Oosthuizen verduidelik verklaring aan Valke | News Article

Die moordverhoor teen ses mans vanaf Parys in die Vrystaat wat aangekla word van die moord op vermeende plaasaanvallers in Januarie 2016 het vanmiddag in die Rondgaande Hof in die dorp voortgegaan.


Dit nadat die verhoor voor 13h00 tydelik verdaag is sodat die verdediging kon voorberei vir kruisondervraging van 'n 204-getuie. 

Die staat en verdediging het vroeër ooreengekom dat Nico Dreyer voortaan kruisondervraging sal doen instede van Kobus Burger. Johannes Oosthuizen, die broer van mede 204-getuie, Fanie Oosthuizen, het vanoggend getuig. 

Hy het onder meer getuig dat hy al die beskuldigdes behalwe Henk Prinsloo op die misdaadtoneel gesien het. Boeta van der Westhuizen, sy seun Loedie, skoonseun Miela Janse van Vuuren, Anton Loggenberg, sy seun Cor en Henk Prinsloo staan tereg vir die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba op 6 Januarie. 

Oosthuizen het onder meer gesê dat Cor die besluldigdes met 'n kierie geslaan het, en dat Anton op een van die mans se kop getrap en gestaan en wieg het met sy volle gewig.

Hy het ook vanmiddag getuig dat hy in regskonsultasies met Adv. Barry Roux aangeraai is om, weens die erns van die saak, die Valke moet nader sodat hy 'n 204-getuie kan word.

Oosthuizen sê hy is later deur die Valke gekontak en gevra om op 'n spesifieke tyd met hulle by Lavender Hills buite Parys te ontmoet. Daar het hy 'n verklaring oor die voorval verskaf.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.