On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Reën moontlik, maar ergste koue verby

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:43 Fri, 17 Nov 2017

Reën moontlik, maar ergste koue verby  | News Article

Nog 'n kouefront en reën uit die Wes-Kaap beweeg volgende Maandag deur dele van die land.


'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Elani Claassen, sê mense hoef egter nie hul wintersklere uit die kas te haal nie want matige dagtemperature met buie en verspreide donderbuie op plekke in die sentrale deel van die binneland word voorspel. Sy sê warmer toestande as gister en vandag word verwag. Geen sneeu word voorspel nie. Volgens haar word maksimum dagtemperature bo 25 grade Celsius Dinsdag en Woensdag vir die grootste deel van die Noord-Kaap, die Vrystaat en Noordwes voorspel. In die Noord-Kaap kan die kwik Dinsdag tot onder 25 grade Celsius daal.




Sy sê selfs in die suidelike en die oostelike deel van die Vrystaat gaan maksimum dagtemperature nie drasties daal nie. Daar is Dinsdag 'n 30%-kans op buie en donderbuie in die sentrale en oostelike deel van die Vrystaat en teen Woensdag is die kans op reën dieselfde vir die hele Vrystaat en Noordwes.

Mense in die sentrale deel van die binneland kan die naweek ook warmer weerstoestande verwag ná maksimum dagtemperature van onder 15 grade Celsius gister op plekke voorgekom het.

Dit kom nadat dit gister in Clarens in die Vrystaat en omliggende gebiede langs die Lesotho-grens en in Golden Gate gesneeu het. Inwoners van Clarens het gister foto’s van sneeu aan OFM-nuus gestuur, terwyl Fouriesburg onder ‘n 2cm-dik sneeukombers gelê het. Dit was ook ysig koud in die sentrale deel van die Vrystaat met maksimum dagtemperature van onder 14 grade Celsius.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.