On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Polisie-ondersoek duur voort ná Potch-gesinsmoord

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:11 Wed, 29 Nov 2017

Polisie-ondersoek duur voort ná Potch-gesinsmoord  | News Article

Die polisie in Noordwes gaan vir eers nie die name van 'n gesin bekend maak wat dood in hul huis in Potchefstroom gevind is nie.


Die lyke van 'n 30-jarige vrou en haar twee seuns, tussen die ouderdomme van twee en nege, is Maandagaand in hul huis in Ikageng gekry. Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê volgens inligting het die oorlede vrou en haar 46-jarige man glo 'n argument gehad voordat hulle gaan slaap het. Die man het toe in die kinders se slaapkamer ingegaan en die twee seuns gevat. Hy het toe sy 13-jarige stiefdogter beveel om uit die huis te gaan en om haar ma in die township te gaan soek. Funani sê die man se stiefdogter het uit die huis gegaan en toe sy later teruggekeer, het sy haar stiefpa se lyk, wat aan 'n dakbalk gehang het, gekry. Sy het na die bure gegaan wat die polisie ontbied het. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die ander lyke in die huis gekry. Funani sê die voorval kom kort ná die veldtog van 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders die afgelope naweek van stapel gestuur is.

Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin en drie klagte van moord word ook ondersoek. Die motief vir moord is onbekend. Funani sê in die stadium wag die polisie vir die uitslag van 'n nadoodse ondersoek wat die oorsaak van die ma en die seuns se dood sal bepaal. Volgens haar was daar geen sigbare beserings aan hul lyke nie.

Die veldtog het ten doel om bewusmaking te kweek oor die negatiewe invloed wat geweld en die mishandeling van vroue en kinders het. Die veldtog duur tot 10 Desember.


Waar kan jy hulp kry?

Die polisie se Stop Misdaadnommer: 08600-10111.

Die Gender Based Violence Command Centre: 0800-428-428

LifeLine se gesinsgeweld-hulplyn: 0800 150 150

Famsa (Families Suid-Afrika): (011) 975 7107

Childline Suid-Afrika: 08000-55-555

Die National Crisis Helpline: 086-132-2322

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Kinderwelsyn: (011) 339-5741

Dit is belangrik om te weet die volgende wette is in plek om slagoffers te beskerm. Die wette sluit in, die Wet op Gesinsgeweld van 1998, die Kinderwet van 2005, die Wet op Onderhoud van 1998, die Wet op die Bevordering van gelykheid en die voorkoming van onbillike diskriminasie van 2000 en die Strafregwysigingswet van 2007.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.