On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Studente trotseer lang rye by Motheo-kollege in Bfn

───   MARK STEENBOK 17:04 Mon, 15 Jan 2018

Studente trotseer lang rye by Motheo-kollege in Bfn | News Article

Senior studente het vandag lang rye by die Motheo Kollege in Bloemfontein getrotseer, terwyl die registasieproses terug na normaal gekeer het.


‘n Woordvoerder by die kollege, Thabiso Mofokeng, het bevestig dat daar vanoggend geen ontwrigting was nie.

Die registrasieproses is verlede Donderdag opgeskort nadat ontevrede studente kapsie gemaak het omdat hulle ‘n R1000 vir registrasies moes betaal.

Mofokeng sê die registrasieproses vir eerstejaar-studente is reeds verlede week afgehandel. Hy het studente aangeraai om gebruik te maak van die aanlyn-registrasiestelsel om lang rye te vermy.

“Ons kan bevestig dat daar geen ontwrigting vandag was nie en dat alles vlot verloop. Studente is besig om te registreer en is gretig om te studeer. Ons fokus egter nou op die senior studente,” sê Mofokeng.

Die woordvoerder by die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT), Dan Maritz, sê dat registrasie by die Fakulteit van Gesondheid- en Omgewingsdienste vandag sonder enige ontwrigting afgeskop het.


Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.