On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Olebogeng
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Local News

Valke slaan ook toe op VS Landboudepartement #FSGRaid #VredeDairy #StateCapture

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:58 Fri, 26 Jan 2018

Valke slaan ook toe op VS Landboudepartement #FSGRaid #VredeDairy #StateCapture  | News Article

OFM-nuus het pas verneem dat die Valke in die hoofgebou by die Vrystaatse Departement van Landbou by die Glen-landboukollege toegeslaan het.


Die media se versoek om onderhoude met die LUR van Landbou, Oupa Khoabane, en departementshoof, Peter Thabete, te voer, word glad nie toegestaan nie. 

Alle navrae oor die omstrede Vrede-melkprojek moet glo gerig word aan die Vrystaatse Direkteur-generaal, Kopung Ralikontsane, in die Vrystaatse Premierskantoor waar die Valke pas toegeslaan het.

OFM-nuus se Dirk Kok en Christal-Lize Muller het pas toegang tot die hoofgebou verkry en gevra om met die LUR van Landbou of die Departementshoof te praat. ‘n Werknemer het gesê niemand is beskikbaar nie. Toe OFM-nuus vra of dit is omdat die Valke toegeslaan het, het sy dit beaam, maar kort daarna gesê sy weet nie wat aangaan nie.


OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.