On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Maluti-a-Phofung geoormerk vir administrasie

───   08:54 Sun, 11 Feb 2018

Maluti-a-Phofung geoormerk vir administrasie | News Article

Nóg ‘n beleërde Oos-Vrystaatse munisipaliteit is geoormerk vir administrasie.


Die SAUK het vroeër berig daar is vandeesweek besluit, tydens die beraad van die Vrystaatse bestuurskomitee in Bloemfontein, om die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, wat Harrismith, Kestell en Phuthaditjhaba insluit, onder administrasie te plaas.

'n Woordvoerder vir die departement, Ntai Mokgitli, sê egter die LUR sal die aanbeveling nog maak.

Gewelddadige betogings vind al die afgelope twee weke in die munisipale gebied plaas. Die gemeenskap eis beter dienste, soos deurlopende krag- en watertoevoer. Hulle eis ook dat die burgemeester, Vusi Tshabalala, bedank.

Die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, Sisi Ntombela, het na wat berig word  aan die uitsaaier gesê Tshabalala se magte is ontneem en al die bewerings oor die munisipaliteit sal ondersoek word.

Die DA het vroeër vandeesweek bekend gemaak dat hulle aan Ntombela geskryf het om dringend by die munisipaliteit in te gryp.

Volgens wetgewerlid Leona Kleynhans is die munisipaliteit bankrot - hulle skuld Eskom meer as R2 miljard en die waterraad bykans R240 miljoen. 

Die party het ook die departemente van onderwys en gesondheid gevra om hul steun aan die Seksie 139 intervensie toe te sê, aangesien die diensleweringsbetogings 'n negatiewe uitwerking op skoling en gesondheidsdienste het.

Die Mafube-munisipaliteit, wat Frankfort, Villiers en Tweeling in die Oos-Vrystaat insluit, asook die Masilonyana-munisipaliteit, wat die dorpe Theunissen en Brandfort insluit, is ook verlede April deur die departement van samewerkende regering onder administrasie geplaas.

Munisipale werkersvakbond, Samwu, het toe dié verwikkeling verwelkom en gemaan dat daar na Maluti-A-Phofung ook gekyk moet word.

Die Kantoor van die Openbare Beskermer het ook Maluti-a-Phofung ondersoek.


SABC/OFM-nuus


Podcasts

DA wetgewerlid, Leona Kleynhans:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.