On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Zuma jr. se strafregtelike vervolging goeie nuus, sê AfriForum

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:52 Mon, 19 Feb 2018

Zuma jr. se strafregtelike vervolging goeie nuus, sê AfriForum | News Article
Duduzane Zuma PHOTOS: Gallo Images

AfriForum is bereid om voort te gaan met die private vervolging van die voormalige president Jacob Zuma se seun, Duduzane.


Dit kom nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dié burgerregte-organisasie se regspan amptelik in kennis gestel dat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings, Shaun Abrahams, besluit het om die NVG se aanvanklike besluit om Zuma jr. nié strafregtelik op 'n aanklag van strafbare manslag te vervolg nie, heroorweeg het. 

Dit hou verband met 'n motorongeluk in 2014 op die M1-snelweg in Gauteng. Mekilina Duba, 'n passasier in 'n ander motor, is in dié ongeluk, wat glo deur Zuma jr. veroorsaak is, op slag dood. 

Advokaat Gerrie Nel van AfriForum se private vervolgingseenheid het aan die einde van verlede jaar ’n skrywe namens die Dube-familie aan die NVG gerig. Daarin is 'n sertifikaat aangevra wat dit vir dié organisasie moontlik sou maak om Zuma jr. privaat te vervolg. AfriForum se Kallie Kriel sê Abrahams se besluit is 'n oorwinning vir die Dube-familie, Nel en dié organisasie.

AfriForum verwelkom Abrahams se besluit om Zuma jr. se strafregtelike vervolging te heroorweeg. “Ons eerste doelwit is natuurlik dat die staat hulle werk doen en kriminele vervolg. Dit is juis waarom Nel die private vervolgingseenheid begin het. As die staat nie vervolg nie kan ons self vervolg. Dit pas druk toe vir heroorweging. Dit is weerskante toe ‘n wensituasie - as die staat vervolg, is dit ‘n eerste plek en as die staat nié vervolg nie, gaan AfriForum self stappe doen.

Kriel sê Abrahams het Zuma jr. tot die einde Maart die geleentheid gegee om aan hom voor te lê waarom hy nié vervolg moet word nie. 'n Besluit oor of hy wel deur die staat vervolg gaan word, kan moontlik in April bekend wees.

Dit is ook goeie nuus vir almal in die land wat keelvol is dat Zuma snr., sy vriende en familie die afgelope paar jaar vervolging kon ontduik weens die beskerming wat die leierskap van die NVG hulle gebied het.

Kriel sê AfriForum het Abrahams nou in ’n hoek gedryf, want sou hy weer ’n besluit neem om Zuma jnr. nié te vervolg nie, weet hy Nel is gereed om dié vervolging privaat voort te sit.

Die druk wat die media, AfriForum en ’n reeks ander burgerlike organisasies uitoefen om selektiewe vervolgings en staatskaping te beveg, help dat die gety teen korruptes begin draai, voeg hy by. Die besluit van die owerhede om ná jare van doelbewuste gesloer met optrede teen die Guptas te begin, is volgens hom ook onder andere ’n gevolg van dié volgehoue druk. Kriel noem dat Nel en AfriForum se vervolgingseenheid die optrede teen die Guptas dophou en meer as gewillig is om self in te gryp as dit nodig sou wees.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.