On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Brandstofverhoging gaan verbruikers hard tref

───   JOSCA HUMAN 12:32 Thu, 22 Feb 2018

Brandstofverhoging gaan verbruikers hard tref | News Article

Die brandstofheffing, sowel as brandstofpryse, gaan verbruikers op 4 April hard tref.


Dit is volgens politieke ontleder, Theo Venter, wat sê al die voordele wat Suid-Afrikaners sou geniet vanweë die versterking van die rand teenoor die dollar, word nou weens die brandstofheffing uitgekanselleer. ‘n Verhoging van nagenoeg 52 sent per liter vir brandstof kan verwag word. 

Minister van finansies, Malusi Gigaba, het aangekondig dat hierdie verhoging 'n styging van 22c/liter in die algemene brandstofheffing en 'n styging van 30c/liter in die Padongelukfonds sal insluit.

Dit sal van toepassing wees op petrol én diesel.

Dié toename - wat hoofsaaklik deur ekonome verwag word - sal waarskynlik R1,22 miljard se bykomende inkomste bydra tot die R36 miljard in die bykomende belastinginkomste wat Gigaba voorgestel het.

Venter sê dit vernietig die voordele wat ons met 'n baie goeie rand sou gehad het.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.