On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

#Hawks se lasbrief vir Ajay #Gupta weens korrupsie, nié #VredeDiary

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:44 Fri, 23 Feb 2018

#Hawks se lasbrief vir Ajay #Gupta weens korrupsie, nié #VredeDiary | News Article

Een van die Gupta-broers, Ajay, word nie in verband met die omstrede Vrede-suiwelprojek gesoek nie.


Die waarnemende hoof van die Valke, Yolisa Matakata, het minute gelede op 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê Ajay word wel gesoek op 'n klag van korrupsie, wat geensins verband hou met dié projek nie. Volgens haar is sy nie by magte om besonderhede rondom dié klag bekend te maak nie. Matakata wou ook nie antwoorde verskaf oor of 'n lasbrief vir oudpresident Jacob Zuma se seun, Duduzane, uitgereik is nie.

Sy sê 'n lasbrief vir Ajay is egter steeds van krag totdat hy aangekeer word. Dit is bevestig dat Ajay se broer, Atul, nie in die land was toe 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is nie. Die lasbrief hou wel verband met die Vrede-projek. Sy het verder gesê die agt verdagtes wat op 14 Februarie aangekeer is in verband met bedrog, korrupsie en geldwassery by die Vrede-suiwelprojek het al in die hof verskyn.

Matakata het verder gesê die Valke sal onverpoos voortgaan met sy ondersoeke.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.