On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde boer by Lichtenburg aangeval en beroof

───   MARK STEENBOK 18:17 Mon, 26 Feb 2018

Bejaarde boer by Lichtenburg aangeval en beroof | News Article

Die polisie in Noordwes is steeds op soek na die drie verdagtes wat na bewering ‘n bejaarde boer op ‘n plaas buite Litchtenburg oor die naweek aangeval en beroof het.


Polisiewoordvoerder, Amanda Funani sê die drie verdagtes het kort ná middagete by die man se huis toegeslaan, en glo kontant geëis. 

Sy sê die bejaarde boer is in die proses met ‘n groot stok aangerand.

Volgens Funani het die verdagtes later met drie vuurwapens, ‘n onbekende bedrag geld en die man se voertuig, wat op dieselfde dag teruggevind is, op die vlug geslaan.

Die polisie ondersoek klagte van huisroof en aanranding.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.