On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Herstelwerk aan Bfn-stadsaal hopelik teen laat 2019 voltooi

───   MARK STEENBOK 15:02 Mon, 05 Mar 2018

Herstelwerk aan Bfn-stadsaal hopelik teen laat 2019 voltooi  | News Article

Die Mangaung-metromunisipaliteit het bevestig dat ‘n kontrakteur, ‘n konstruksiemaatskappy en bourekenaars deur die metro aangestel is om met herstelwerk te begin aan die historiese Bloemfonteinse stadsaal wat verlede jaar deur ‘n brand beskadig is.


Volgens die munisipale woorvoerder, Qondile Khedama, is die perseel Vrydag aan die onderskeie projekleiers oorhandig en die restorasie van die stadsaal sal na verwagting teen 10 Oktober volgende jaar voltooi wees.

Khedama sê die munisipaliteit het die perseel vir R200 miljoen verseker, maar dat die herstelwerk na raming in die omgewing van R47 miljoen behoort te kos. Khedama sê daar sal ook klein werksgeleenthede deur die projek geskep word.

Die eeu-oue gebou is Junie verlede jaar tydens ‘n munisipale staking van binne aan die brand gesteek en dit het tot groot skade gelei. Khedama noem dat daar aan onder meer die dak-, plafon-, en vloerstruktuur gewerk sal word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.