On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

MTN in Twin City beroof

───   14:56 Thu, 08 Mar 2018

MTN in Twin City beroof | News Article
PHOTO: Pierce van Heerden

Twee rowers, geklee in dik, lang baadjies, het vanoggend omstreeks 08:52 die MTN-tak in die Twin City Mall in Heidedal, Bloemfontein, binnegegaan en wapens op werknemers gerig.


Terwyl die twee mans die winkel beroof het, het nog ‘n persoon buite gewag terwyl ‘n ander een buite die winkelsentrum in ‘n silwer Volkswagen Polo vir die rowers gewag het.

Die eienaar van die winkel, Sarel Maree, het bevestig dat 55 selfone ter waarde van sowat R271 793 gesteel is. Een van die selfone het aan ‘n werknemer behoort.

“Gelukkig het niemand seergekry nie, maar die werknemers is baie getraumatiseerd,” het Maree aan Bloemfontein Courant gesê.

Die bestuurder, Johanette Venter, was nie tydens die voorval in die winkel nie, aangesien sy die ander tak in Bloem Plaza besoek het.

“Toe een van die werknemers bel en ek hoor hy huil, het ek dadelik in my kar geklim en Twin City toe gejaag,” sê Venter.

Met Bloemfontein Courant se besoek aan Twin City was die polisie nog op die toneel besig met hul ondersoek, maar hulle kon nog geen kommentaar lewer nie. Die rowers is nog op vrye voet.

Op 'n navraag oor die rooftog aan die winkelsentrum se sekuriteit, het een van die wagte gesê: “Ek het by die deur gestaan, maar omdat hulle wapens gehad het, kon ek niks doen nie.”

Weens die polisieondersoek sal die MTN-tak by Twin City die res van die dag gesluit wees.


Bloemfontein Courant/Jeretha Oosthuizen

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.