On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

#Gupta-hofuitspraak binnekort in VS Hooggeregshof verwag

───   MARK STEENBOK 10:52 Fri, 09 Mar 2018

#Gupta-hofuitspraak binnekort in VS Hooggeregshof verwag | News Article
PHOTO: Olebogeng Motse

Die hofuitspraak in die Atul Gupta-saak word binnekort in die Vrystaatse Hooggeregshof verwag.


Gupta doen aansoek dat ‘n bewaringsorde wat sy persoonlike bates van R10 miljoen vries, tersyde gestel word. 

Die bewaringsorde wat in Januarie uitgereik is, hou na bewering verband met korrupsie rakende die omstrede Estina-melkprojek. 

OFM-nuus se Mark Steenbok doen verslag van die hof af, waar hy die situasie as redelik stil beskryf in afwagting op vanoggend se groot hofuitspraak. 

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se Vrystaatse woordvoerder, Phaladi Shuping, was hierdie week optimisities dat die hof vandag in hul guns gaan beslis. Dít nadat die verdediging van Atul Gupta en verskeie Gupta-entiteite verlede week die bevoegdheid van die NVG se ondersoek bevraagteken het. 

Advokaat Rafik Bhana het namens Gupta aangevoer dat die NVG uit desperaatheid opgetree het en nie hulle ondersoek deeglik gedoen het nie. Volgens Bhana het hulle die hof mislei.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.